D. P. M. Botes (Witbank, 1937)
Omdat ek jou lief het
omdat ek jou lief het sou ek jou hoof in twee wou kap
rose in jou neusgate in jou ore wou steek
want liefde sterf sonder die skok van verrassing
Porque te quiero
porque te quiero te partiré la cabeza en dos de un hachazo
te clavaré rosas en los agujeros de la nariz y las orejas pues
el amor muere sin el condimento de la sorpresa
Plaas ‘n wag by elke hoek
sluit jou deure sluit jou vensters trek toe die gordyne sluit die hek skakel die lig af blus die vuur
laat tyd die doodsengel glo jy is nie tuis nie
Pon un guardia en cada esquina
cierra las puertas cierra las ventanas corre las cortinas traba la tranquera desconecta la luz apaga el fuego –
que el tiempo ese ángel de la muerte se crea que no, no estás en casa |