Ian Wiltshire (Johannesburg, 1952)
Ons gaan swem
ons gaan swem ek en my broer in blankskoon ellispark daar staan gescrywe net vir blankes sê my broer hul sal nie weet nie ons lyk mos soos hulle bietjie sonbrand op roes-gesigte ons swem met die ander kinders
maar daar lê ons buitekant met gesigte in die sand
(Doornfontein, 1963
vamos a nadar
vamos a nadar mi hermano y yo en el inmaculado el lispark un cartel anuncia solo para blancos ni cuenta que se van a dar dice mi hermano si somos casi como ellos apenas un poco más bronceados los rostros nademos con los otros chicos
henos ahora tirados afuera con la jeta en el barro
(Doornfontein 1963)
Geen vertrouwe
ma het gesê moenie die ingelsman vertrou wat jou hand met ‘n breë smile skud en agter jou rug jou vel aan die boere verkoop
No confíes
mi vieja me dijo no tienes que confiar en el inglés que te estrecha la mano con amplia sonrisa y a tus espaldas les vende tu cuero a los negreros
Môre sê
soggens as ek opstaan loer ek in die spiel en bekyk my swart gesig goeie more wêreld ek wonder watter baas gaan my vandaag op my agterend skop sodat ek kan besef dat ek in die verkeerde land is
Buenos días
de mañana cuando me levanto escudriño el espejo y observo mi rostro negro buen día mundo y me pregunto si el amo otra vez hoy me va a patear el trasero para que me dé cuenta de que estoy en el país equivocado |